Silver Fig
1,1 km van die venue
Webwerf
se huweliksbevestiging
Saterdag, 3 April 2027
Datum
Saterdag,
3 April 2027
Tyd
15:00
Neem asb. teen 14:45 sitplekke in
Asseblief teen 20 Januarie 2027

Ons storie het, baie gepas vir die 21ste eeu, op Hinge begin. Vir die ouergarde wat nie weet nie, dit is ’n “dating app” :)
Michelle het op Hendri se foto gereageer, en dit was nie lank voordat ’n gesprek op WhatsApp gevolg het nie. Van die eerste ontmoeting in 2024 af het iets net reg gevoel. Daar was ’n gemak en vertroue wat gemaak het dat ons vinnig baie tyd saam wou spandeer. Ons het geleer dat ons nie eintlik ’n spesifieke gunsteling-aktiwiteit nodig het nie. Ons geniet dit eenvoudig net om saam te wees.
2025 het ons met langafstand getoets, maar ons het elke kans aangegryp om mekaar te sien. Gelukkig kon ons in 2026 saam in Centurion wees. Op 15 Augustus, met ’n sonsak in die agtergrond, het Hendri vir Michelle gevra om sy vrou te word.
Vandag is ons beste vriende, ons laat mekaar lag, ons is gemaklik saam en, bo alles, voel dit net reg.
Ons sien uit daarna om hierdie volgende hoofstuk van ons lewe, saam, te begin.
03.04.2027
15:00 · The Greenhouse Café, Rosemary Hill Farm

Die seremonie sal stiptelik om 15:00 begin. Ons versoek dat alle gaste asseblief teen 14:45 hul plekke ingeneem het.
Die kleredrag is formeel, geen denims nie. Daar is geen spesifieke kleurskema vir gaste nie. Ons wil egter vriendelik voorstel dat julle groen vermy indien julle nie soos deel van die gevolg wil lyk nie.
Die huwelikseremonie en onthaal vind plaas by The Greenhouse Café, geleë op Rosemary Hill Farm langs die N4, net buite Pretoria.
Om te verseker dat julle by die regte bestemming uitkom, vra ons dat julle “Rosemary Hill” as bestemming op julle GPS-app invoer. Julle kan ook die Google Maps-skakel hieronder gebruik.
Kinders is welkom. Ons sou baie graag aan elke gas die geleentheid wou bied om ’n metgesel saam te bring, maar dit is ongelukkig nie moontlik nie. Indien ’n metgesel by jou uitnodiging ingesluit is, sal dit duidelik daarop aangedui word.

Jou teenwoordigheid is die beste geskenk waarvoor ons kan vra. Indien jy graag ietsie kleins wil gee, sal ons ’n bydrae tot ons wittebrood baie waardeer.
Stuur vir ons ’n WhatsApp, dan stuur ons graag ons bankbesonderhede vir jou.
Teen 20 Januarie 2027
Begin jou naam tik en kies dit uit die lys. Een persoon kan vir almal op die uitnodiging antwoord.
Voorskou: die RSVP is nog in toetsmodus en stuur niks. Tik “Ann” of “Smi” om dit te probeer.
Nog nie seker nie?
Kry ’n herinnering in jou kalender op 13 Januarie